Werk saam – Wen saam

Sentraal-Suid Koöperasie Bpk bedryf sake in die Wes- en Suid-Kaap, die Overberg, asook in die Langkloof en Karoo. Die SSK hoofkantoor is geleë in die skilderagtige dorp, Swellendam. Die onderneming is in 1931 gestig en dien al vir 90 jaar sy lede as ʼn koöperasie; steeds die mees geskikte ondernemingsvorm om sy lede se belange te bevorder.


Klik hier om na ons video te kyk.

Huidige promosies

Agriland Promo Mar 2024

28.03.2024|

Laai af: SSK Agriland Promo Mar 2024 (PDF | 733 Kb)

Meganisasie promosies

Jongste Wenakker

SSK Wenakker Mar 2024

12.03.2024|

Laai af: Wenakker Maart 2024 (PDF | 2.1 Mb)

Jongste nuus

SSK Wenakker Mar 2024

12.03.2024|

Laai af: Wenakker Maart 2024 (PDF | 2.1 Mb)

SSK Wenakker Des 2023

04.12.2023|

Laai af: Wenakker Des 2023 (PDF | 2 Mb)

SSK Wenakker Sept 2023

01.09.2023|

Laai af: Wenakker Sept 2023 (pdf | 2.1 Mb)

SSK Wenakker June 2023

31.05.2023|

Laai af: SSK Wenakker June 2023 (PDF | 2.28 Mb)

Loopbaangeleenthede

Oor Ons

Sentraal-Suid Koöperasie Bpk bedryf sake in die Wes- en Suid-Kaap, die Overberg asook in die Langkloof en Karoo. Die SSK hoofkantoor is geleë in die skilderagtige dorp, Swellendam. Die onderneming is in 1931 gestig en dien al vir 90 jaar sy lede as ʼn koöperasie; steeds die mees geskikte ondernemingsvorm om sy lede se belange te bevorder.

Dienste

SSK bied ‘n wye verskeidenheid kliënt-vriendelike dienste aan sy gewaardeerde kliënte.

Handel

SSK Handel, met die handelsmerk AgriLand, bied ‘n eenstop landbouonderneming en selfdoen inkopie paradys waar klante begroet word met deskundige, allesomvattende en professionele diens. Met 20 Agriland winkels gevestig in die Wes- en Suid-Kaap, Tuinroete, Langkloof en Karoo verskaf SSK ‘n volledige reeks landbou, huis en tuin, boumateriaal en doen-dit-self produkte. Die produkreeks word gerugsteun deur ‘n Aankope-afdeling wat fokus op gesamentlike aankope en prysonderhandeling ten einde kwaliteit produkte teen uiters mededingende pryse te verskaf. Die SSK Agriland Verpakkingsaanleg is geleë in Haarlem in die Langkloof.

Meganisasie

SSK Meganisasie bied ‘n wye verskeidenheid goedere en dienste aan sy kliënte, nl:

Graan

SSK is ‘n belangrike rolspeler in die hantering en opberging van graan produkte in die Wes- en Suid-Kaap en is die grootste hanteerder van canola in Suid-Afrika. Die silo’s op Protem, Swellendam, Ashton, Karringmelksrivier, Heidelberg, Krombeksrivier, Riversdal, Albertinia, Kleinberg depot en Herold is maklik bereikbaar per pad en spoor en is gunstig geleë vir beide graan kopers en verkopers.

Veevoer

Die afdeling is gestig met die primêre doel om ‘n stabiele mark vir SSK lede en graanprodusente in Suid-Kaap voergraan te skep. Ander belangrike oorwegings was die beter benutting van SSK se infrastruktuur en bestaande personeel. Die afdeling se veevoer produksie aanlegte is gesetel by SSK se Karringmelksrivier en Riversdal silokomplekse.