Berging & Dienste

Saad

Graan Administrasie

Graanbemarking

Graan

 

SSK is 'n belangrike rolspeler in die hantering en opberging van graan produkte in die Wes- en Suid-Kaap en is die grootste hanteerder van canola in Suid-Afrika. Die silo's op Protem, Swellendam, Ashton, Karringmelksrivier, Heidelberg, Krombeksrivier, Riversdal, Albertinia en Herold is maklik bereikbaar per pad en spoor en is gunstig geleë vir beide graan kopers en verkopers.

Die saad skoonmaak en verwerking fasiliteite by Swellendam, Heidelberg, Riversdal, Albertinia en Herold is toegerus met die nuutste saad skoonmaak toerusting wat waarde toevoeg tot kliënte se graan om 'n ​​top klas produk te lewer.  Verder tot die hantering, stoor en skoonmaak van sade, bied SSK ook 'n fasiliterings rol in die bemarking van kliënte se graan. SSK is ook 'n koper van voergraan om die voer verwerking fasiliteit by Karringmelksrivier aan te vul.

SSK Graan gee 'n professionele diens aan ons lede en kliënte deur die hantering en bewaring van hul voorraad, waardetoevoeging tot hul produk, bemarking daarvan en die lewering van 'n ​​eerste klas administratiewe diens. Graan is ons passie en ons is trots daarop!