Landboudienste

Landbou Artikels

Page 1 of 2  > >>

Wednesday, 23 September

Ergot vergiftiging word veroorsaak deur die swam Claviceps purpurea wat tydens nat toestande  gedurende die lente uit ergot liggaampies (sklerotia) ontwikkel...

Thursday, 07 January

As ons kyk na die bydrae van verskillende plantdele tot opbrengs is dit baie belangrik om dié plantdele gesond te hou om maksimum opbrengs en ‘n goeie kwaliteit  produk te verseker.

Tuesday, 13 October

Canola-verbouing vereis redelike bestuursinsette om sukses te waarborg.

Wednesday, 23 September

Ergot Vergiftiging

Ergot vergiftiging word veroorsaak deur die swam Claviceps purpurea wat tydens nat toestande  gedurende die lente uit ergot liggaampies (sklerotia) ontwikkel...

Ergot vergiftiging word veroorsaak deur die swam Claviceps purpurea wat tydens nat toestande  gedurende die lente uit ergot liggaampies (sklerotia) ontwikkel wat op die grondoppervlak lê. Die sklerotia ontkiem en vorm ‘n koppievormige sampioen agtige struktuur waarin die seksuele spore ontwikkel. Die spore wat gevorm word, word in die lug opgeskiet en dan deur wind versprei na die blomme van grane en grasse. Die proses verteenwoordig die eerste besmetting van die plant. Die swam ontwikkel dan in die blompakkies in die plek van die saad en vorm sklerotia wat soos dun swart pers stokkies vertoon. Voordat die sklerotia gevorm word, vorm die swam heuningdou in die blompakkies wat ‘n groot aantal asseksuele spore bevat wat dan deur insekte wat op die heuningdou voed, verder versprei word om nog meer plante te besmet. Sklerotia bevat verskillende ergot alkaloïede wat vergiftiging veroorsaak wanneer dit deur diere ingeneem word.  Die ergot alkaloïede varieer in toksisiteit en daarom varieer Sklerotia in toksisiteit en hang dit af van watter tipe en hoeveelheid alkaloïed dit bevat. Droë weer tydens blomstadium is nadelig vir die ontwikkeling van Claviceps purpurea. Die ontwikkeling van Ergot hou gewoonlik op wanneer die graan volwassenheid bereik en begin droog word.

Die tipe en giftigheid van die  ergot alkaloïede hang af van watter plant die sklerotia afkomstig is en kan verskil binne seisoen en van jaar tot jaar. Dit wil voorkom of daar 12 verskillende  ergot alkaloïede is wat ergot vergiftiging kan veroorsaak en daarom sal die sklerotia wissel wat toksisiteit betref, afhangend van die soort en hoeveelheid van die ergot alkaloïede wat daarin voorkom. Rog is veral vatbaar vir ergot besmetting maar korog, gars, koring, hawer en verskillende soorte grasse waaronder raaigras, is ook vatbaar vir ergot besmetting. Die nat en koel toestande gedurende Augustus en September is ideaal vir die ontwikkeling van ergot besmetting - veral in graan lande waar daar ook baie raaigras voorkom.

Ergot kan nie deur swamdoders bestry word nie. Die sklerotia kan egter nie vir langer as een jaar in die grond oorleef nie en rotasie met nie gras gewasse soos canola, lupiene en lusern kan die siekte siklus verbreek, mits die grasse natuurlik tydens die fase beheer word. Die saai van skoon saad is ook ‘n belangrike hulpmiddel in die verbreking van ergot besmetting. 

Ergot is giftig vir alle plaasdiere, met beeste wat die meeste vatbaar is en hoenders die minste.  Vier verskillende simptome van ergot vergiftiging kom voor. Die simptome hang af van watter tipe ergot alkaloïed teenwoordig is, die toksisiteit van die ergot alkaloïed en die hoeveelheid wat die dier inneem.

Die eerste simptoom is ‘n akute vorm wanneer groot hoeveelheid toksiese ergot alkaloïede oor ‘n kort periode ingeneem word en word gekenmerk deur senuwee simptome soos steiring, spierspasmas en konvulsies. Die tipe simptome kom gewoonlik by skape, perde en karnivore voor, maar selde in beeste.

Die tweede vorm is ‘n meer chroniese vorm en word gekenmerk deur gangareen wat kan lei tot die verlies van die punte van die ore, stert en selfs hoewe (Fescue foot). Dié verlies word veroorsaak deur ‘n verlaagde of totale afsny van bloed toevoer na dié betrokke liggaamsdele as gevolg van ‘n vernouing van die bloedvate. Die liggaamsdele kry te min voedingstowwe en suurstof en sterf uiteindelik af.  Dit is veral ‘n probleem waar diere groot hoeveelhede ergot alkaloïede inneem, tesame met ‘n skielike daling in omgewingstemperatuur. Die tipe ergot vergiftiging kom veral by beeste en varke voor en kan 2 weke tot 3 maande vat om te ontwikkel. In die tussentyd sal produksie (melk, gdt) en reproduksie benadeel word. Die eerste geval van “Fescue foot” is reeds in 1987 deur die Veterinêre Streekslaboratorium op Stellenbosch gediagnoseer. Dragtige vark sôe wat ergot vergiftiging het sal normaal jong, maar geen melk produseer nie.

Die derde vorm word gekenmerk deur ‘n verhoogde liggaamstemperatuur wat ook veroorsaak word deur vernouing van die bloedvate onder die vel met die gevolg dat die dier nie van oormaat liggaamshitte ontslae kan raak nie en dus aan hittestres blootgestel word selfs al is dit nie baie warm nie. Die sogenaamde “Somersindroom”. Die beeste mag dalk ook ‘n winter haarkleed begin vorm. Die simptoom kom veral voor in warm weer waar diere laer vlakke van die alkaloïede oor ‘n langer tyd inneem. By melbeeste gaan dit met ‘n daling in melkproduksie gepaard. Melkproduksie verlaag as gevolg van verlaagde voerinname en word vererger deur verlaagde prolaktien afskeiding.

Die vierde simptoom word gekenmerk deur die totale verdwyning van melk en ‘n gebrek aan die ontwikkeling van die uier, verlengde dragtigheid en vroeë vrektes van vulletjies by merries wat swaar besmette voere vreet.

Die reaksie en simptome van diere wat ergot vergiftiging het, verskil aansienlik en word onder andere bepaal deur variasie in alkaloïed inhoud van die sklerotia, die hoeveelheid ingeneem, die frekwensie waarteen dit ingeneem word, die klimaatstoestande waaronder die ergot ontwikkel het, die spesies ergot betrokke en die invloed van ander onsuiwerhede in die voer soos histamien en asetielcholien.

Tans bestaan daar geen behandeling vir ergot vergiftiging nie. Sodra simptome voorkom moet die voer of weiding wat dalk met ergot besmet kan wees onmiddelik uit die dieet verwyder word. Die graderinregulasie vir voergraan bepaal dat daar maksimum 0.02 % ergot in voergraan teenwoordig mag wees. Waar voergraan dus aan die vereistes voldoen en ook nog met ander grondstowwe gemeng word, behoort ergot vergiftiging nie ‘n probleem te wees nie. Kragvoer maak ook gewoonlik ‘n kleiner persentasie van die totale dieet uit. Probleme kan egter ontstaan waar ruvoer (kuilvoer en hooi) en weiding wat veral baie raaigras bevat en met ergot besmet is gevoer word, aangesien dit ‘n groot persentasie van die dieet uitmaak. Sifsels (screenings) moet ook met groot omsigtigheid vir voer aangewend word aangesien die sklerotia maklik uitgesif word en dus in groot hoeveelhede in die sifsels voorkom. Uit beskikbare literatuur blyk dit dat 0.1 % ergot in die totale rantsoen die boonste veiligheidsgrens is. Daar is egter ook inligting wat toon dat die ergot besmetting in die totale rantsoen verkieslik onder 0.1% moet wees aangesien 0.1% besmetting al probleme veroorsaak het.

 

Bronne

Schneider, D.J., 1993. Ergot Alkaloïede in endofiet besmette eenjarige raaigras. Veterinêre Streekslaboratorium Stellenbosch

Nyvall, R.F. &  Osweiler, G., 1997. Ergot. Iowa State University, University Extension Pm-563

McMullen, M. & Stoltenow, C., 2002. Ergot. NDSU Extention Service. PP-551

Anoniem, 2005. Ergot in Sorgum. Biology, management and toxicity to livestock. Queensland Goverment, Dept. of Primary Industries and Fisheries. DPI & F Note

Dupchak, K., 2006. Ergot Update. Manitoba Agriculture, Food and Rural Initiatives Livestock Knowledge Centre 204-545 Univ. Crescent Winnipeg, MB R3t 5S6

Kellerman, Coetzer, Naudé & Botha., Plant Poisonings and Mycotoxicoses of livestock in Southern Africa. Oxford, Southern Africa

Voortrek St. 34
Swellendam
6740

T 028-514 8600
F 028-514 8903
E agriculture@ssk.co.za

Besigheidsure
Maandag - Vrydag 07:30 - 17:00

Downloads

Masjien Loopkostes Blitsgids MKG Pryse 2018 Aug (XLS | 539 Kb)

Ha Gesaai Omsendskrywe 2017 (DOC | 272Kb)

Masjinerie Koste Gids (PDF | 3.34Mb)

Faktore Wat Kultivarkeuse Beïnvloed (PDF I 213Kb)

Korrekte Lek Aanvullings vir Optimale Diereproduksie (PDF I 212Kb)