SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende vakature by hul Meganisasie tak te Heidelberg.

WERKTUIGKUNDIGE: HEIDELBERG

Die suksesvolle kandidaat sal aan Werkswinkel Bestuurder rapporteer en moet oor ‘n toepaslike kwalifikasie beskik. Kennis van o.a. die New Holland, Rovic Leers, Falcon en MacDon produkreekse tesame met kennis en ondervinding van EST diagnostiese gereedskap, en presisie boerdery tegnologie, sal u aansoek versterk. Die posbekleer sal goed onder druk moet kan funksioneer, asook bereid moet wees om soms oortyd te werk na gelang van bedryfsbehoefte. ‘n Geldige Kode B (Kode 08) of swaarder voertuig bestuurderslisensie is ‘n vereiste.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding, ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan: Die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as Vrydag 19 Julie 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke geleentheid- werkgewer.