SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende vakature by hul Meganisasie afdeling te Swellendam.

ONDERDELE BEMARKER

Die geskikte kandidaat sal aan die Onderdele Bestuurder raporteer en primêr verantwoordelik wees vir die pro- aktiewe bemarking van die relevante produkreekse van die Onderdele afdeling, kliënte van verwante advies bedien, administrasie gekoppel aan die afdeling, rakbevoorrading asook algemene netheid en huishouding.

Die ideale kandidaat sal oor ‘n Graad 12 sertifikaat met bewese kennis en ervaring in bemarking in bg. veld beskik, goed tweetalig wees, akkuraat en flink onder druk kan werk, asook oor ‘n kliëntediens ingesteldheid beskik. Kennis en ondervinding van New Holland en Rovic Leërs produkte sal as aanbeveling dien.

Verdere vereistes, benewens toepaslike ervaring, is ‘n algemene bemarkingsgeoriënteerde benadering, goeie beplanning- en onderhandelingsvernuf, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede asook rekenaarvaardigheid (MS Office Pakket en SAP) met ‘n Geldige kode EB (Kode 8) bestuurslisensie.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding, ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan: Die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as Donderdag 8 Augustus 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ’n gelyke- geleentheid werkgewer.