SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende uitdagende loopbaangeleenthede binne hul Tegnologie – afdeling, vir diensaanvaarding in Swellendam en George onderskeidelik.

IT TEGNIKUS INTERNSKAP

Vir hierdie uitdagende geleentheid is ons op soek na skoolverlaters met belangstelling om opgelei te word in o.a. basiese instandhouding van rekenaars, drukkers, hardeware-oplossings, en die opsporing en regstelling van foute en basiese tegniese ondersteuning vir rekenaargebruikers.

Verantwoordelikhede van die pos sluit o.a. in die deurlopende instandhouding van die SSK rekenaar hardeware en dienslewering aan sy gebruikers. Die intern sal verantwoordelik wees vir die bemanning van die “helpdesk” en die effektiewe hantering van alle eerste-linie tegniese navrae. Toevoeging van werkstasies op die netwerk volgens beleid en prosedure, eerste linie ondersteuning vir gebruikers met tegniese probleme asook probleme met rekenaars, drukkers, en ander apparatuur identifiseer en oplos om sodoende gebruikers vinnig en effektief te help.

Ons verneem graag van betroubare persone met ingebore lojaliteit en integriteit wat goed binne spanverband asook onafhanklik kan funksioneer. ‘n Geldige Kode B lisensie sal u aansoek versterk.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige cv asook u akademiese resultate, met vermelding van verwagte vergoeding, ‘n kontaknommer, asook ten minste drie kontakbare referente, aan Die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as Vrydag 18 Oktober 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke- geleentheid werkgewer.