SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende vakature by hul Silo Onderhoudsafdeling te Swellendam.

SILO ONDERHOUDSBEAMPTE

Die geskikte kandidaat sal direk aan die Onderhoudsbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die algemene onderhoud en herstelwerk aan o.a. graansilo- toerusting, droogoonde, fabrieksverwante masjinerie, asook die algemene administrasie wat hiermee gepaard gaan.

Die ideale kandidaat beskik oor ‘n toepaslike kwalifikasie en/of bewys van bevoegdheid met minstens vyf jaar relevante ondervinding, blootstelling in die onderskeie sweistegnieke, goeie beplannings-, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede, ondervinding van meganiese pas-werk (“fitting”) asook ‘n geldige bestuurslisensie.

Die posbekleër sal goed onder druk moet kan funksioneer, bereid moet wees om op hoogtes te werk, asook soms oortyd te werk na gelang van bedryfsbehoefte. Ondervinding van bakkieshysers, kettingkaste, awegaars en bandvervoerders sal u aansoek versterk. ‘n Goeie fisieke kondisie, met bewys van goeie gesondheid en geen stof allergieë, is verdere vereistes.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding, asook ten minste drie kontakbare referente, aan: Die Senior Bestuurder: Menslike Hulpbronne om ons te bereik nie later as Donderdag 31 Oktober 2024. U kan u aansoek e-pos aan alwyn.burger@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK is ‘n gelyke geleentheid- werkgewer.