SSK,‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy Distribusiesentrum op Herold.

DRYWER

Die geskikte kandidaat, wie aan die Distribusiesentrum Bestuurder sal rapporteer, sal oor goeie organisatoriese vaardighede en selfdissipline beskik. Tweetaligheid (waarvan een Engels is), goeie kommunikasievermoë en ten minste Matriek (Graad 12 Sertifikaat) met lees en syfervaardighede, is ‘n vereiste. Die posbekleër moet bereid wees om soms oortyd te werk en moet ook met SSK se tradisionele bedieningsgebied vertroud wees. ‘n Geldige Kode 14 bestuurslisensie (EC) asook ‘n Openbare Bestuurspermit is ‘n vereiste.

Die ideale kandidaat sal beskik oor minstens drie jaar toepaslike ondervinding en sal verantwoordelik wees vir die volgende: die aflewering van voorraad by handelstakke, toesigbeheer tydens die laai en aflaai van vragte, daaglikse voertuig inspeksies, daaglikse balansering van voertuig logstate en die algehele netheid van die voertuig.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by talent@ssk.co.za aangevra word. Rig asseblief u volledig voltooide aansoekvorm, tesame met ‘n dekbrief, per e-pos aan talent@ssk.co.za. Vermeld duidelik die vakature (posbenaming en standplaas) waarvoor u aansoek doen.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.