SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleenthede by sy Agriland tak te George.

SENIOR WINKEL BEMARKER, WINKEL BEMARKER EN JUNIOR WINKEL BEMARKER : BESPROEIING

Die ideale kandidate sal oor ‘n Graad 12 (Matriek) sertifikaat beskik, goed tweetalig wees (Afrikaans en Engels) met ‘n algemene bemarkingsgeoriënteerde benadering asook goeie beplanning- en onderhandelingsvernuf, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede asook rekenaarvaardig wees. Bewese kennis van besproeiing en verwante produkte is ‘n voorvereiste. Toepaslike ondervinding sal u aansoek versterk.

Die geskikte kandidate, wie aan die Takbestuurder sal rapporteer, sal volle verantwoordelikheid aanvaar vir die winsgewende en effektiewe bestuur van die afdeling aan hom/haar toevertrou. Dit sal ondermeer administrasie, voorraadbestuur, bemarking en klantesorg insluit.

In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u volledig voltooide aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan Die Bestuurder: Arbeidsverhoudinge. U kan u aansoek e-pos aan Leon.Claassen@ssk.co.za. U aansoek moet nie later as Vrydag 16 Augustus 2024 ingedien wees nie.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.