SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy Aankope Afdeling in Mosselbaai.

PRODUKREEKSBESTUURDER

Die geskikte kandidaat, wat aan die Aankope Bestuurder sal rapporteer, sal vir die volgende primêre take verantwoordelik wees: die aankope-ooreenkom soos per SSK se gesentraliseerde aankoopbeleid en strategie, die bestuur en handhawing van die verskaffersnetwerk asook die hantering van handelstakke se verskaffers en voorraad verwante probleme. Die kandidaat sal ook vir die implementering van regstellende stappe, reëls en die koördinering van gereelde bemarkings- en advertensieveldtogte vir toegedeelde voorraadgroepe en die handhawing van ‘n professionele besigheidsverhouding met verskaffers en ander rolspelers, verantwoordelik wees.

Die suksesvolle kandidaat sal oor minstens vyf jaar toepaslike ervaring beskik met uitstekende kommunikasie- en onderhandelingsvaardighede wat goeie beplanning- en prioritiseringsvermoë insluit. Verder moet die kandidaat ook rekenaargeletterd wees en goeie administratiewe vaardighede toon. Bewese kennis en ‘n goeie begrip van kleinhandelskonsepte, die vertroudheid van klante se behoeftes binne die landbouwese asook algemene kleinhandel, sal as aanbeveling dien.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by talent@ssk.co.za aangevra word. Rig asseblief u volledig voltooide aansoekvorm, tesame met ‘n dekbrief, per e-pos aan talent@ssk.co.za. Vermeld duidelik die vakature (posbenaming en standplaas) waarvoor u aansoek doen.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.