SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou onderneming in die Wes-Kaap beskik tans oor die volgende vakature by hul Versekeringskantore in George.
FINANSIËLE BEAMPTE: VERSEKERING
Die ideale kandidaat moet oor Matriek (Graad 12 Sertifikaat) beskik, goed tweetalig en rekenaarvaardig in MS Office wees, veral ten opsigte van MS Excel. Kandidate moet gemaklik wees met die gebruik van Excel formules, die skep van grafieke en die verwerking/ontleding van data. Die pos vereis akkuraatheid onderdruk, uitstekende kommunikasie vaardighede en ‘n kandidaat wat ‘n voorliefde vir syfers het.
Van die hoof pligte sluit in: Verhalings en betalings van versekering premies, kommissie allokering en rekordhouding, skakeling met personeel en versekeraars wat navrae het, administrasie van kredietversekering en maandelikse algemene versekeringsopgawes.
Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by talent@ssk.co.za aangevra word. Rig asseblief u volledig voltooide aansoekvorm, tesame met ‘n dekbrief, per e-pos aan talent@ssk.co.za. Vermeld duidelik die vakature (posbenaming en standplaas) waarvoor u aansoek doen.
Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.