SSK versekering is gerieflik geleë binne die bedieningsgebied van SSK en die versekerings kantore te Swellendam, Heidelberg, Riversdal, Mosselbaai, Avontuur en bied maklike toegang aan kliënte. SSK streef daarna om bekostigbare versekering oplossings te bied aan sy kliënte, beide persoonlik en kommersieel, sonder om doeltreffende dienslewering te beïnvloed. SSK se kommersiële kliënte strek oor ‘n wye verskeidenheid van nywerhede met die meerderheid van kliënte wat deel vorm van die landbou-waardeketting. SSK voorsien versekering dienste aan sy lede en die algemene publiek sedert die 1950’s en is trots op die vlak van diens. Vriendelike en ervare personeel is altyd gereed om u van hulp te wees.
Gekwalifiseerde Personeel
Alle versekerings makelaars voldoen aan die bevoegdheidsvereistes soos voorgeskryf deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD) en elkeen beskik oor hul Verteenwoordigende Sertifikaat (RE5). Celia le Roux, Jacques de Beer, Abrie Jooste, Elisna Steyn, Frans Marx en Bettie Barnard het ook hul Sleutelpersoon Sertifikaat (RE1) eksamens suksesvol voltooi en tans is Bettie Barnard SSK Versekering se geregistreerde sleutelpersoon.
Gemagtigde RFD
SSK is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer (RFD lisensie nr 1107) gelisensieer om finansiële raadgewende dienste, asook finansiële intermediêre dienste te verskaf ten opsigte van die volgende produkte:
- Korttermyn Versekering – Kategorie: Persoonlike lyne (1.2 & 1.23) en Kommersiële lyne (1.6) (insluitend landbou lyne).
Klagte Prosedurehandleiding is beskikbaar by enige van onderstaande takke of kan alternatiewelik hieronder afgelaai word.
Korttermyn Dekking
SSK Versekering bemark die produkte van erkende Versekeraars in SA en het tans ooreenkomste met onder andere Old Mutual Insure, Santam, Auto & General, Hollard, Landmark, Merx Kommersiële Onderskrywers, Thatch Risk Acceptances, CTC (Commercial & Transport Consultants), AMUA (Associated Marine Underwriting Agency), Genlib, Mirabilis, Camargue, SHA Specialist Underwriters, BnBsure, CTU (Clarendon Transport Underwriters), Western Insurance, KEU Underwriting Managers, XLTransit, Travel Insurance Company, Safire Insurance Company, Momentum Insurance en Bryte. SSK besit nie enige aandele of beskik oor ‘n finansiële belang in enige van die bogenoemde produk verskaffers nie. Meer as 30% van die afdeling se totale vergoeding oor die laaste 12 maande, is verdien van Old Mutual Insure & Santam.
Oes Dekking
Vir landbouprodusente bied SSK oesversekeringsprodukte (ingesluit Brand-Dekking) deur Agriseker en Santam Landbou.
Ander Dienste
Deur ander goedgekeurde makelaars, kan SSK ook die volgende produkte vir u bied: Discovery Mediese Planne (MGB), Lewensversekering (MGB), Groeplewensversekering (Certisure) en Begrafnisdekking (Metropolitan Life).
Vrywaringsversekering
SSK het Professionele Vrywaringsversekering by Leppard & Associates (Pty) Ltd. (Polis verwysing P55 000246).
Klagte Prosedure
Indien dienste nie bevredigend is nie, is ‘n klagte proses geïmplementeer wat beskikbaar is by enige van die bogenoemde takke. Alternatiewelik, kan die Klagte Prosedurehandleiding hiernaas afgelaai word.
Nakomingsbeampte
Andre Knobel
E AKnobel@moonstonecompliance.co.za
W www.moonstonecompliance.co.za
Kontakte
Heidelberg
Van Riebeeckstraat 42
Heidelberg 6665
T 028-514 8708
Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00
Avontuur
Hoofstraat
Avontuur 6490
T 044-752 3004
Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00
Mosselbaai
Industrieweg
Mosselbaai 6500
T 044-601 1200
Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00
Riversdal
Ladysmithweg
Riversdale 6670
T 028-713 3516
Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00
Riversdal
Ladysmithweg
Riversdale 6670
T 028-713 3516
Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00
Swellendam
SSK Hoofkantoor
Voortrekstraat 34
Swellendam 6740
T 028-514 8784
Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00
Swellendam
SSK Hoofkantoor
Voortrekstraat 34
Swellendam 6740
T 028-514 8795
Besigheidsure
Ma – Vr: 07:30 – 17:00
Sleutelpersoon
laai af
1 FSB licence (PDF | 196 Kb)
1 FSB Licence Conditions and Restrictions (PDF | 121 Kb)
1400306Ack_profile Aanstelling Andre Knobel as CO 2024.06.01 (PDF | 40 Kb)
SSK Konflik van Belange Beleidstuk (PDF | 389 Kb)
SSK Eksterne Klagte Prosedurehandleiding (PDF | 125 Kb)
Wat om te doen na ‘n ongeluk (PDF | 44 Kb)