Sentraal-Suid Koöperasie Bpk bedryf sake in die Wes- en Suid-Kaap, die Overberg asook in die Langkloof en Karoo. Die SSK hoofkantoor is geleë in die skilderagtige dorp, Swellendam. Die onderneming is in 1931 gestig en dien al vir 90 jaar sy lede as ʼn koöperasie; steeds die mees geskikte ondernemingsvorm om sy lede se belange te bevorder.

Getrou aan sy missie, nl. Om met behoud van stabiliteit die welvaart en voortbestaan van die organisasie en sy lede deur groei en diversifikasie te bevorder, streef SSK daarna om insetkoste laag te hou, ‘n wye verskeidenheid produkte en dienste van uitstekende gehalte te lewer en lede by te staan in die bemarking van hulle produkte. Dit word gedoen deur Versekeringstakke op Swellendam, Heidelberg, Riversdal, Mosselbaai en Avontuur, 20 Agriland Handelstakke, volledige werkswinkels te Swellendam, Heidelberg en George asook Graanopbergings depots te Swellendam, Heidelberg, Karringmelksrivier, Protem, Krombeksrivier, Ashton, Riversdal, Albertinia, Kleinberg en Herold. Die SSK Agriland Verpakkingsaanleg is geleë in Haarlem in die Langkloof.

SSK se netto wins uit transaksies met lede word in die vorm van bonusse (langtermyn en kontant) proporsioneel tot die onderskeie lede se kwalifiserende omset met die onderneming verdeel.

SSK se betrokkenheid by sy filiale en geassosieerdes is die gevolg van ‘n voortgesette ingesteldheid om besighede in die streeksgebaseerde landbou waardeketting op te rig. Ten einde diversifikasie te bewerkstellig word beleggings buite die primêre landbou ook op ‘n voortdurende basis oorweeg. Sien ons Groep Struktuur bladsy vir ‘n volledige lys van ons filiale en geassosieerdes.

SSK finansier landbou insette en implemente teen uiters mededingende voorwaardes en ʼn span landbouvoorligters lewer gratis akkerboukundige, veekundige en landbou-ekonomiese dienste.

Getrou aan sy leuse van “Werk saam Wen saam” ondersteun SSK die beginsel dat die resultaat van samewerking beter is as die somtotaal van individuele prestasies. SSK direkteure, bestuur en personeel is ingestel daarop om te verseker dat die onderneming voldoen aan die behoeftes en wense van die SSK lede en die gemeenskap.

Vind uit hoe

Word 'n lid

Kyk na al die voordele van ‘n SSK-lidmaatskap, en sluit vandag aan.

Vind uit hoe

Groep Struktuur

SSK besit ten volle, of het aandele in ‘n aantal ondernemings. Bestudeer die volledige struktuur hier.

Bestuur Struktuur

Ons afdelings word in ‘n goed gestruktureerde hiërargie bedryf. Bestudeer ons struktuur hier.

SEB

Sosiale verantwoordelikheid en sosiale verantwoordelikheidsprogramme word deur SSK as langtermynbeleggings beskou.

Finansiële Verslae

SSK bedryf sake in die Sentraal- en Suid-Kaap, die Overberg, Langkloof en die Karoo.

Loopbane

Menslike hulpbronne is sonder twyfel die belangrikste bate in die struktuur van enige organisasie.