Wie kan ‘n lid word?
Enige individu, regspersoon, vennootskap of trust wat direk betrokke is by die landbou, kan aansoek doen om lidmaatskap by SSK. Met die diskresie van SSK se direkteure, wat alle lidmaatskap aansoeke goedkeur, sal individue of entiteite wat landbou dienste verskaf ook oorweeg word.
Voordele van lidmaatskap
Alhoewel dit nie ‘n volledige lys is nie, bied die volgende ‘n oorsig van ‘n paar van die voordele wat lede van SSK geniet:
Hoe om ‘n lid te word?
As u ‘n lid wil word, laai asseblief die vorm onder af by LAAI AF.
In die geval van ‘n vennootskap, moet een van die vennote lid van SSK wees voor die vennootskap kan aansoek doen vir ‘n SSK lidmaatskap.
Inligting rakend transformasie inisiatiewe, wat daarop gemik is die verhoging van die aantal voorheen benadeelde persone wat lidmaatskap in SSK hou, is vervat in die dokument getiteld TRANSFORMASIE INISIATIEWE beskikbaar onder by LAAI AF. Indien u kwalifiseer as ‘n voorheen benadeelde persoon, laai asseblief die vorm af en oorweeg hierdie inligting.
Hoe om te bedank as lid?
Wanneer ‘n lid sy / haar lidmaatskap wil bedank, word dit gedoen deur middel van ‘n skriftelike versoek aan die direkteure van SSK om die bedanking te oorweeg. Voorbeelde van waar bedankings van toepassing sal wees is byvoorbeeld waar lede aftree, boerdery-aktiwiteite staak of in die geval van die afsterwe van ‘n lid.
Kontak
Laai af
SSK Lidmaatskap Aansoek (PDF | 294 Kb)
SSK Nie-Lid Aansoek (PDF | 269 Kb)
TRANSFORMASIE-INISIATIEWE_23042023 (PDF | 56 Kb)