SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy Agriland tak te Krakeel.

TAKBESTUURDER

Die ideale kandidaat sal oor toepaslike ervaring beskik, goed tweetalig wees (Afrikaans en Engels), met ‘n algemene bemarkingsgeoriënteerde benadering asook goeie beplanning- en onderhandelingsvernuf, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede asook rekenaarvaardig wees met ‘n geldige kode EB (Kode 8) bestuurslisensie.

Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die totale bestuursfunksie van die SSK Agriland winkel te Krakeel. Laasgenoemde sal onder andere Begrotings- en Voorraadbestuur, Personeel- en Effektiwiteitsbestuur, Aankope, Bemarking, Kliëntediens asook Algemene administrasie insluit.

In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u volledig voltooide aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan Die Bestuurder: Arbeidsverhoudinge. U kan u aansoek e-pos aan Leon.Claassen@ssk.co.za. U aansoek moet nie later as Vrydag 8 November 2024 ingedien wees nie.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.