SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy Hoofkantoor te Swellendam.
SKOONMAKER EN BODE
Die geskikte kandidaat sal ‘n afgeronde, self gemotiveerde persoon wees wat oor goeie persoonlike netheid, interpersoonlike vaardighede en ‘n positiewe werksbenadering beskik. Minimum vereistes behels onder meer ’n Graad 12 (Matriek) kwalifikasie asook tweetaligheid (Afrikaans en Engels). Die vermoë om take te kan prioritiseer, asook soms onder druk te funksioneer sal as verdere aanbeveling dien.
Van die posbekleër se hooftake sal ondermeer behels die skoonmaak van die Hoofkantoor gebou, hulpverlening met die voorsiening van verversings tydens vergaderings en funksies, asook daaglikse bodewerk. Toepaslike ondervinding sal u aansoek versterk.
In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.
Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by talent@ssk.co.za aangevra word. Rig u volledig voltooide aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan aan Lara-Jay van der Walt by talent@ssk.co.za. Vermeld asseblief duidelik die vakature (posbenaming en standplaas) waarvoor u aansoek doen.
U aansoek moet nie later as Vrydag 10 Januarie 2025 ingedien wees nie.
Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.