SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid in die Langkloof Area.

VELDBEMARKER

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Takbestuurder Krakeel rapporteer en skakel met kliënte in die vermelde bedieningsgebied. Minimum vereistes behels onder meer ’n Graad 12 (Matriek) kwalifikasie, tweetaligheid (Afrikaans en Engels), goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede, ’n doelwit gedrewe en bemarkingsgeoriënteerde benadering asook die vermoë om gesonde sakeverhoudinge te bou en instand te hou.

‘n Geldige Kode EB (Kode 08) bestuurderslisensie is ‘n vereiste. Toepaslike ondervinding met kennis van veral kleinvee, veeartseny, appels, pere, asook die SSK Agriland produkreekse in die breë, sal as aanbeveling dien. ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie en/of bewys van opleiding sal u aansoek versterk. Dit is ‘n vereiste dat die suksesvolle kandidaat in die vermelde bedieningsgebied woon of na die bedieningsgebied verhuis.

In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by talent@ssk.co.za aangevra word. Rig u volledig voltooide aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan aan Lara-Jay van der Walt by talent@ssk.co.za. Vermeld asseblief duidelik die vakature (posbenaming en standplaas) waarvoor u aansoek doen.

U aansoek moet nie later as Vrydag 10 Januarie 2025 ingedien wees nie.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.