SSK, ‘n gevestigde, dinamiese en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende vakature te Mosselbaai.

BRANDSTOF SKEDULEERDER

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Bestuurder: Brandstof rapporteer en moet oor ten minste ‘n graad 12 (Matriek) kwalifikasie en vyf jaar bewese ervaring beskik, goed tweetalig (Afrikaans en Engels) wees en akkuraat onder druk kan werk. Die posbekleër sal betrokke wees by geselekteerde SSK Bedryfsafdelings, en sal onder andere verantwoordelik wees vir die volgende:

  • Effektiewe bestuur van voorraad vlakke ten einde verkope en dienslewering te handhaaf;
  • Intydse behoeftebepaling, plaas van bestellings en optimale skedulering van brandstof voorraad op groot skaal;
  • Die instelling van voorkomingsmaatreëls ten einde voorraad verliese te minimaliseer;
  • Die instandhouding van pryslêers;
  • Effektiewe marge- bestuur aan die hand van deurlopende prysvergelykings;
  • Die spoedige hantering van voorraad eise;
  • Die tydige opstel van realistiese en volledige begrotings;
  • Mede verantwoordelikheid vir die finansiële bestuur van die Brandstof afdeling op ‘n daaglikse basis;
  • Mede verantwoordelikheid vir die uitgawe bestuur van die afdeling
  • Die deurlopende handhawing van goeie verhoudinge tussen alle rolspelers en
  • Maandelikse verslagdoening.

‘n Algemene diens-georiënteerde benadering asook goeie beplanning- en onderhandelingsvernuf, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede asook rekenaarvaardigheid (MS office pakket) met ‘n geldige kode EB (Kode 8) bestuurslisensie, is verdere vereistes. Kennis van die brandstof bedryf, tesame met ondervinding in skedulering, sal u aansoek versterk.

In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u aansoek, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan Die Bestuurder: Arbiedsverhoudinge om ons te bereik nie later as Vrydag 26 Julie 2024. U kan u aansoek e-pos aan Leon.Claassen@ssk.co.za.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.