SSK, ‘n gevestigde, dinamiese en gediversifiseerde landbou- onderneming, beskik tans oor die volgende loopbaangeleentheid by sy Administrasie kantoor in Voorbaai, Mosselbaai.

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE : KREDITEURE

Die ideale kandidaat sal oor ‘n Graad 12 sertifikaat (Matriek) beskik, goed tweetalig wees (waarvan een Engels), akkuraat onder druk kan werk, asook oor ‘n algemene diens-georiënteerde benadering, goeie beplannings-, interpersoonlike- en kommunikasievaardighede beskik asook rekenaarvaardig wees (met ondervinding van MS Office Word en Excel asook SAP). Toepaslike ondervinding sal u aansoek versterk.

Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir, onder andere, die volgende:

  • Pos van Krediteure fakture op SAP
  • Rekonsiliasie van Krediteure rekeninge
  • Opvolg van Krediteure rekeninge en uitstaande fakture
  • Hantering van telefoniese en departementele navrae

In ruil vir u prestasie en bydrae tot SSK se sukses en groei bied ons, ooreenstemmend met u kwalifikasies en ervaring, ‘n mededingende alles-insluitende vergoedingspakket.

Aansoekvorms is beskikbaar op SSK se webblad by www.ssk.co.za of kan by hr@ssk.co.za aangevra word. Rig u volledig voltooide aansoekvorm, tesame met ‘n dekbrief en ‘n bondige CV, met vermelding van verwagte vergoeding en ‘n kontaknommer asook ten minste drie kontakbare referente, aan Die Bestuurder: Arbeidsverhoudinge. U kan u aansoek e-pos aan Leon.Claassen@ssk.co.za. U aansoek moet nie later as Vrydag 27 September 2024 ingedien wees nie.

Neem kennis dat, indien u geen terugvoering van die adverteerder binne een maand na sluitingsdatum ontvang het nie, u kan aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. SSK behou die reg voor om nie enige vakature te vul nie. SSK is ‘n gelyke-geleentheid werkgewer.