SSK, ‘n gevestigde en gediversifiseerde landbou- onderneming, met sy hoofkantoor in Swellendam, beskik tans oor die volgende uitdagende geleentheid aan skoolverlaters en/of belangstellendes om opgelei te word vir ‘n loopbaan in Graanhantering en -bestuur.

GRAAN BESTUURSKWEKELINGE

Neem asb kennis dat SSK, in samewerking met Peritum en Agbiz Grain, deelneem aan ‘n inisiatief om skoolverlaters en belangstellendes op te lei en te bekwaam vir ‘n loopbaan in Graanhantering en -bestuur.

Verwysend na die advertensie op hierdie platvorm geplaas met die titel “Beroepsertifikaat: Graan Silo Bestuur” wil ons graag skoolverlaters en belangstellendes aanmoedig om aansoek te doen by Peritum vir hierdie uitdagende loopbaangeleentheid vir die 2025 akademiese jaar.

SSK het onderneem om, na afloop van die aanvanklike eerste jaar akademie, vier Peritum studente in te neem vir die praktiese fases wat daarna sal volg, met die einddoel om die studente voltyds binne SSK op te neem by suksesvolle voltooiing van hul studies.

Die studente sal hul praktiese opleiding ontvang by SSK se Swellendam, Heidelberg, Karringmelksrivier en Albertinia Silo’s onderskeidelik.

Laai af:

Graan Silo Bestuurder (Pdf | 236 Kb)
Grain Depot Manager (Pdf | 228 Kb)